17. Wie die waarheid aan die lig bring,lewer betroubare getuienis;'n getuie wat lieg, maak alles vals.
18. Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees;wyse mense bring genesing met wat hulle sê.
19. Die waarheid hou vir altyd,die leuen net 'n oomblik.
20. Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is;dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed,doen dit met vreugde.
21. Geen leed sal die regverdige tref nie;goddeloses beleef ramp op ramp.
22. Die Here het 'n afsku van leuenaars;Hy hou van betroubare mense.
23. 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie;dwase basuin hulle dwaasheid uit.
24. Hardwerkende mense kom in magsposisies;lui mense word dwangarbeiders.
25. Bekommernis druk 'n mens neer;'n vriendelike woord vrolik hom op.
26. Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur 'n vriend;die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies.
27. Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie;'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings.