1. Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang;wie hom nie laat teregwys nie, is 'n dom mens.
2. Die Here hou van 'n goeie mens,maar Hy veroordeel 'n slinkse mens.
3. Niemand wat 'n verkeerde lewe lei, hou stand nie;wie die wil van die Here doen, staan stewig.
4. 'n Knap vrou gee haar man hoë aansien;een wat haar man in die skande steek,is vir hom soos vretende kanker.
5. Die mening van regverdiges kan die toets van die reg deurstaan;die slim raad van goddeloses is onbetroubaar.
6. Goddeloses stel met wat hulle sê, dodelike hinderlae vir ander;opregte mense red ander met wat hulle sê.
7. Goddeloses val en dit is klaar met hulle;die nageslag van die regverdiges bestaan voort.