Spreuke 11:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;'n betroubare mens bewaar 'n geheim.

14. Sonder oorwoë leiding val 'n volk;die redding lê in baie raadgewers.

15. Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan;die man wat weier om borg te staan, is veilig.

16. 'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam;mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom.

17. 'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby;'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot.

18. Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie;wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.

Spreuke 11