Spreuke 11:11-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. 'n Stad kry 'n goeie naamwanneer opregte mense dit prys,maar dit word afgebreekdeur wat goddelose mense daarvan sê.

12. 'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander;'n verstandige mens swyg.

13. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;'n betroubare mens bewaar 'n geheim.

14. Sonder oorwoë leiding val 'n volk;die redding lê in baie raadgewers.

15. Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan;die man wat weier om borg te staan, is veilig.

16. 'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam;mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom.

17. 'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby;'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot.

18. Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie;wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.

19. Die lewe lê voor vir wie by die reg bly,die dood wag vir wie aanhou kwaad doen.

20. Die Here verafsku mense wat nie opreg is nie;Hy hou van mense wat onberispelik lewe.

21. Dit staan vas: 'n slegte mens sal nie loskom nie,maar selfs die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word.

Spreuke 11