Spreuke 11:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie;net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

2. Selfverheffing bring vernedering;wie nederig is, het wysheid.

3. Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

4. Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie;om te lewe volgens sy wil, red van die dood.

5. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk;wie verkeerd doen, kom daardeur tot 'n val.

Spreuke 11