8. Die mens met verstand aanvaar bevele.Wie aanhou onsin praat, kom tot 'n val.
9. Wie opreg leef, leef sonder vrees;wie krom paaie loop, word uitgevind.
10. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart;en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val.
11. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.
12. Haat verwek twis;liefde bedek alles wat aanstoot gee.
13. Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.
14. Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.
15. Die rykdom is die ryke se veilige vesting;die armoede is die arme se ondergang.
16. Die regverdige ontvang die lewe as beloning;die goddelose oes net straf.
17. Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe;wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.
18. Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat;wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.
19. Met baie praat bly die sonde nie uit nie;wie sy woorde tel, is verstandig.