13. Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.
14. Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.
15. Die rykdom is die ryke se veilige vesting;die armoede is die arme se ondergang.
16. Die regverdige ontvang die lewe as beloning;die goddelose oes net straf.
17. Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe;wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.
18. Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat;wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.
19. Met baie praat bly die sonde nie uit nie;wie sy woorde tel, is verstandig.
20. Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd;die gedagtes van die goddelose is min werd.
21. Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie;'n dwaas gebruik nie sy verstand nieen bring die dood oor homself.
22. Dit is die seën van die Here wat rykdom bring;jou geswoeg laat dit nie meer word nie.
23. Die dwaas geniet dit om hom skandalig te gedra,maar die mens met insig geniet die wysheid.
24. Wat die goddelose vrees, kom hom oor;wat die regverdige begeer, gee God hom.
25. As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen,maar die regverdige bly altyd staan.