Spreuke 10:11-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

12. Haat verwek twis;liefde bedek alles wat aanstoot gee.

13. Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.

14. Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

15. Die rykdom is die ryke se veilige vesting;die armoede is die arme se ondergang.

16. Die regverdige ontvang die lewe as beloning;die goddelose oes net straf.

17. Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe;wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.

18. Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat;wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.

19. Met baie praat bly die sonde nie uit nie;wie sy woorde tel, is verstandig.

20. Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd;die gedagtes van die goddelose is min werd.

21. Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie;'n dwaas gebruik nie sy verstand nieen bring die dood oor homself.

Spreuke 10