Spreuke 10:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Spreuke van Salomo.'n Wyse seun maak sy vader en moeder bly;'n dwase seun maak hulle hartseer.

2. Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie;om te lewe volgens die wil van God,red 'n mens van die dood.

3. Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie,die Here laatdie begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.

4. 'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm;dit is vlyt wat ryk maak.

5. Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is;'n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting.

6. Die regverdige word geseën.Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.

7. Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort;die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.

8. Die mens met verstand aanvaar bevele.Wie aanhou onsin praat, kom tot 'n val.

9. Wie opreg leef, leef sonder vrees;wie krom paaie loop, word uitgevind.

10. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart;en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val.

11. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

12. Haat verwek twis;liefde bedek alles wat aanstoot gee.

Spreuke 10