Spreuke 1:27-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. wanneer daar nood en kwelling oor julle kom.Die angs sal soos 'n storm oor julle kom,die ongeluk sal julle tref soos 'n orkaan.

28. Dán sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie,julle sal my soek en my nie kry nie.

29. Julle het 'n afkeer van kennis gehad,julle het geweier om die Here te dien,

30. julle het my raad verontagsaamen elke teregwysing van my geminag.

31. Julle sal die vrugte van julle optrede pluk,julle sal van julle eie planne walg.

32. “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood,die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid,

Spreuke 1