Spreuke 1:2-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Dié spreuke is bedoelom mense wysheid te leer en hulle te onderrigsodat hulle sal weetwanneer iemand verstandig praat.

3. So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.

4. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.

5. Selfs wyse mense kan na die spreuke luisteren so tot dieper insig kom.Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer

6. om spreuke en sinspelings,woorde en raaisels van wyse mense te begryp.

7. Kennis begin met die dien van die Here;dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

8. My seun, jy moet luister na die onderrigwat jou vader jou gee;moenie wat jou moeder jou leer,verontagsaam nie:

9. dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kopen 'n kettinkie jou hals.

10. As sondaars jou wil verlei, my seun,moenie toegee nie.

11. Hulle sal vir jou sê:“Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom,ons oorval sommer iemand, al het hy ons niks gedoen nie;

12. kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen,ons maak gesonde mense dood!

13. Ons vat al wat waardevol isen ons maak huise vol met wat ons roof.

14. Jy kan deel in die buit,dit sal ons almal s'n wees.”

Spreuke 1