10. As sondaars jou wil verlei, my seun,moenie toegee nie.
11. Hulle sal vir jou sê:“Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom,ons oorval sommer iemand, al het hy ons niks gedoen nie;
12. kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen,ons maak gesonde mense dood!
13. Ons vat al wat waardevol isen ons maak huise vol met wat ons roof.
14. Jy kan deel in die buit,dit sal ons almal s'n wees.”
15. Moenie met hulle saamgaan nie, my seun,bly van hulle pad af;
16. hulle is daarop uit om kwaad te doen,hulle wil gaan moord pleeg.
17. 'n Voël wat 'n net sien wat vir hom gespan is,vlieg nie daarin vas nie,
18. maar hierdie mense span vir hulleself 'n net,hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet.
19. So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie:rowery kos hom sy lewe.
20. Wysheid is 'n vrou wat langs die straat staan en roep,sy laat haar stem hoor op die stadspleine,
21. sy roep bo die rumoer uit,by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het:
22. “Julle onkundiges,hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde,gaan die grootpraters hulle pratery genieten die swape 'n afkeer hê van kennis?
23. As julle luister na my teregwysing,gee ek julle my wysheid in oorvloeden leer ek julle my woorde begryp.
24. “Ek het geroep en julle wou nie luister nie,ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie.
25. Julle het my raad alles in die wind geslaan,julle wou julle nie laat teregwys nie.