Spreuke 1:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.

2. Dié spreuke is bedoelom mense wysheid te leer en hulle te onderrigsodat hulle sal weetwanneer iemand verstandig praat.

3. So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.

4. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.

5. Selfs wyse mense kan na die spreuke luisteren so tot dieper insig kom.Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer

6. om spreuke en sinspelings,woorde en raaisels van wyse mense te begryp.

7. Kennis begin met die dien van die Here;dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

8. My seun, jy moet luister na die onderrigwat jou vader jou gee;moenie wat jou moeder jou leer,verontagsaam nie:

9. dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kopen 'n kettinkie jou hals.

Spreuke 1