Sefanja 3:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Van anderkant die riviere van Kus afsal dié wat My vereer, my verstrooide volk,vir My geskenke bring.

11. Daardie dag sal jy nie meer rede hê om jou te skaamdat jy opstandig teen My was met alles wat jy gedoen het nie,want Ek gaan uit jou uithaaldié wat hulle so verheug het in jou hovaardigheid;jy sal nie meer vol hoogmoed weesdaar op my heilige berg nie.

12. Ek sal in jou laat oorbly net diéwat nederig en ootmoedig isen vertrou op die Naam van die Here.

Sefanja 3