5. Askelon sal dit sien en skrik, Gasa sal dit sien en baie bang word, Ekron ook, want alles waarop hy vertrou het, sal daarmee heen wees. Gasa sal sonder koning wees, Askelon sonder inwoners,
6. en in Asdod sal net mense woon wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap.So sal Ek die trots van die Filistyne breek, sê die Here.
7. Ek sal die bloederige vleis wat hulle eet, uit hulle mond ruk, Ek sal die afskuwelike afgodsoffers tussen hulle tande uitruk.Wat van die Filistyne oorbly, sal aan ons God behoort. Hulle sal een van die groepe in die stam Juda word; dit sal met Ekron gaan soos met die Jebusiete.
8. Ek sal my huis beskerm teen enige leër wat daar verbykom, sê die Here, geen onderdrukkers sal hulle meer oorval nie. Ek sorg nou self vir hulle.
9. Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!Jou koning sal na jou toe kom.Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar,hy is nederig en hy ry op 'n donkie,op die hingsvul van 'n donkie.
10. Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei.Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word.Die koning sal vrede vir die nasies afkondigen hy sal regeer van see tot see,van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde.
11. Wat jou betref, my verbond met jou is met offerbloed beseël. Daarom sal Ek jou gevangenes laat red uit hulle gevangenskap.
12. Kom terug na die vestingstad toe, gevangenes wat nou hoop het! Ek verseker jou vandag: Ek gee jou twee maal soveel as wat jy gehad het.