Sagaria 5:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Toe sê die engel vir my: “Dit is die vervloeking wat oor die hele aarde strek, want elke dief het tot nou toe ongestraf gebly, en elkeen wat 'n vals eed aflê, het tot nou toe ongestraf gebly.”

4. Ek stuur die vervloeking, sê die Here die Almagtige. Dit sal in die dief se huis ingaan, en in die huis van dié wat in my Naam 'n vals eed aflê. Dit sal daar bly en die huis verwoes, hout en klip, alles.

5. Die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, het vorentoe gekom en vir my gesê: “Kyk daar! Kyk wat kom daar aan.”

Sagaria 5