1. Naomi het 'n vermoënde familielid gehad van haar man Elimelek se kant af. Sy naam was Boas.
2. Rut, die Moabitiese vrou, vra toe vir Naomi: “Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen?”Naomi antwoord haar: “Gaan gerus maar, my dogter.”
3. Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.
4. Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”
5. Boas vra toe vir sy voorman: “Wie is daardie meisie?”