23. maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.
24. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?
25. Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde.