1. Wat moet ons nou sê was die geval met ons stamvader Abraham?
2. As Abraham op grond van sy dade vrygespreek is, dan het hy 'n rede gehad om te roem. Maar nie by God nie!
3. Wat sê die Skrif? “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.”
4. 'n Arbeider se loon word nie vir hom as 'n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom.