Rigters 19:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie 'n koning in Israel nie.Daar was 'n Leviet wat as vreemdeling gewoon het in die uithoeke van die Efraimsberge. Hy het vir hom 'n byvrou gevat uit Betlehem in Juda.

2. Die byvrou het ontrou geword en van hom af weggegaan na haar pa se huis toe in Betlehem in Juda. Sy was 'n jaar en vier maande lank daar,

3. en toe gaan haar man agter haar aan. Hy wou met haar gaan mooipraat om haar te laat terugkom na hom toe. Hy het 'n slaaf en 'n span donkies by hom gehad. Hy het na haar pa se huis toe gegaan, en toe die meisie se pa hom sien, was die pa bly en hy het die Leviet tegemoet geloop.

Rigters 19