5. Die see is Syne, Hy het dit gemaak;sy hande het die land gevorm.
6. Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer,kom ons buig,kom ons kniel voor die Here ons Skepper!
7. Hy is ons God en ons is sy volk,sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg.As julle vandag maar na Hom wou luister:
8. “Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba,soos die dag by Massa in die woestyn nie,
9. waar julle voorvaders My uitgetarten my geduld beproef het,hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het.