Psalms 94:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Hulle kook oor van vermetelheid;almal wat onreg doen, spog daarmee.

5. Hulle vertrap u volk, Here,hulle verdruk die volk wat aan U behoort;

6. hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,hulle maak weeskinders dood

7. en dink die Here sien dit nie,die God van Jakob merk dit nie.

8. Gebruik tog julle verstand, julle wat so dom optree onder die volk.Julle dwase, wanneer wil julle dan verstandig word?

9. Sou Hy wat vir ons ore gemaak het, self nie kan hoor nie?Sou Hy wat vir ons oë gemaak het, nie kan sien nie?

Psalms 94