7. Ons vergaan onder u toorn,ons gaan te gronde onder u gramskap.
8. U sien ons oortredinge raak,U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig.
9. Onder u toorn vlieg ons daeen skiet ons jare verby soos 'n gedagte.
10. Ons lewe maar sewentig jaar,of, as ons baie sterk is, tagtig,en dié is vol swaarkry en leed.Dit is gou verby,ons vlieg na ons einde toe.
11. Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars?Wie ken u gramskap beter?
12. Leer ons ons dae so gebruikdat ons wysheid bekom.
13. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom?Ontferm U tog oor ons.
14. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed,dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.