Psalms 90:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesnyen teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

7. Ons vergaan onder u toorn,ons gaan te gronde onder u gramskap.

8. U sien ons oortredinge raak,U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig.

9. Onder u toorn vlieg ons daeen skiet ons jare verby soos 'n gedagte.

10. Ons lewe maar sewentig jaar,of, as ons baie sterk is, tagtig,en dié is vol swaarkry en leed.Dit is gou verby,ons vlieg na ons einde toe.

Psalms 90