Psalms 9:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid.

2. Met my hele hart wil ek U prys, Here,wil ek van u magtige reddingsdade vertel.

3. Oor U wil ek my verbly en vrolik wees,u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.

4. Toe U verskyn het, het my vyande gevlug,hulle het gestruikel en omgekom.

5. Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter,het U aan my reg laat geskied.

6. U het die nasies met vernietiging gedreig,die skuldiges laat omkom,hulle naam vir altyd uitgewis.

Psalms 9