7. Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word?Wie onder die hemelwesens is soos die Here?
8. Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag.Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom.
9. Here, almagtige God, wie is soos U?U krag is groot, Here, u trou is oral!
10. U heers oor die onstuimige see:as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.
11. U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan.Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag.
12. Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde,die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.
13. Die noorde en die suide, U het dit geskep;Tabor en Hermonberg roem u Naam.
14. U het 'n magtige arm,sterk is u hand, kragtig u regterhand.
15. U troon is gebou op geregtigheid en reg,liefde en trou staan in u diens.
16. Dit gaan goed met die volkwat kan jubel tot u eer,wat in u lig lewe, Here.
17. Hulle besing u Naam die hele dag,hulle prys u reddingsdade;
18. U is die krag waarin hulle roem.Dit is ons sterkte: dat ons u guns geniet.
19. Ons koning behoort aan die Here,ja, ons beskermer behoort aan die Heilige van Israel.
20. U het 'n openbaring gegee,oor u troue dienaar het U gesê:“Ek het aan 'n held my bystand geskenk,aan 'n dapper jong man uit die volk 'n ereplek gegee.
21. Ek het Dawid as my dienaar uitgesoek,hom met my heilige olie tot koning gesalf.
22. My mag sal hom ondersteun,my krag sal hom sterk maak.
23. Vyande sal hom geen leed aandoen nie,gewetenlose mense sal hom nie verdruk nie.