Psalms 83:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. My God, maak tolbosse van hulle,stoppels in die wind,

15. 'n bos wat in vuur verteer word,berge wat in vlamme afbrand;

16. jaag hulle met u stormwind,slaan hulle uitmekaar met u orkaan.

17. Laat hulle met skande daarvan afkom!Dan sal hulle weet wie U is, Here!

18. Bring hulle tot skande,maak die lewe vir hulle een lang verskrikking,verneder hulle en wis hulle uit;

19. laat hulle besef dat alleen U die Naam “Here” het,U, die Allerhoogste oor die hele aarde.

Psalms 83