Psalms 8:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. wat is die mens dandat U aan hom dink,die mensekind dat U na hom omsien?

6. U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaaken hom met aansien en eer gekroon,

7. U laat hom heers oor die werk van u hande,U het alles aan hom onderwerp:

8. skape en beeste, alles;selfs die diere in die veld,

9. die voëls in die lug,en die visse in die seewat die oseane deurkruis.

10. Here, ons Here,hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

Psalms 8