Psalms 78:6-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. sodat die volgende geslag dit kan weeten die kinders wat nog gebore sal word,dit weer aan húlle kinders kan vertel.

7. So sal hulle dan op God vertrouen nie vergeet wat Hy gedoen het nie,maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het

8. en nie wees soos die voorvaders nie.Dié was 'n opstandige en ongehoorsame volk,'n onbestendige geslag wat nie aan God getrou was nie.

9. Die Efraimiete was goed gewapen en bedrewe met die boog,maar toe die geveg begin, het hulle gevlug.

10. Hulle het die verbond met God nie gehou nie,en geweier om te lewe soos Hy hulle geleer het.

11. Hulle het vergeet van sy werke,van die wonderdade wat Hy hulle laat sien het.

12. Voor die oë van hulle voorvaders het Hy wonders gedoenin Egipte, in die veld by Soan.

13. Hy het die see oopgekloofen hulle laat deurtrek.Hy het die water laat opdamen dit het soos 'n muur gestaan.

14. Bedags het Hy hulle met 'n wolk gelei,snags met die lig van 'n vuur.

15. Hy het rotse in die woestyn oopgekloofen soos by groot waterstrome almal se dors geles.

16. Hy het water uit die rots laat stroom,dit soos riviere laat vloei.

17. Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig;in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom.

18. Hulle het God getarttoe hulle kos gevra het na eie smaak

19. en God uitgedaag het:“Kan God hier in die woestyn kos gee?

20. Hy het wel teen 'n rots laat slaanen die waters het gevloei,spruite het gestroom;maar sou Hy ook brood kon geeen vleis aan sy volk kon voorsit?”

21. Toe die Here dit hoor,het Hy kwaad geword;Hy het 'n vuur teen Jakob laat ontbrand,teen Israel sy toorn laat woed

22. omdat hulle nie op God vertrou heten op sy hulp staat gemaak het nie.

23. Hy het die wolke daarbo gebieden die deure van die hemel oopgemaak:

24. Hy het manna op hulle laat reën,uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet.

Psalms 78