11. Hulle het vergeet van sy werke,van die wonderdade wat Hy hulle laat sien het.
12. Voor die oë van hulle voorvaders het Hy wonders gedoenin Egipte, in die veld by Soan.
13. Hy het die see oopgekloofen hulle laat deurtrek.Hy het die water laat opdamen dit het soos 'n muur gestaan.
14. Bedags het Hy hulle met 'n wolk gelei,snags met die lig van 'n vuur.
15. Hy het rotse in die woestyn oopgekloofen soos by groot waterstrome almal se dors geles.
16. Hy het water uit die rots laat stroom,dit soos riviere laat vloei.
17. Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig;in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom.
18. Hulle het God getarttoe hulle kos gevra het na eie smaak