Psalms 77:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek roep na God om hulp,ek roep na God, want Hy sal my hoor.

3. In my nood soek ek hulp by die Here;ook in die nag bly my hande in gebed uitgestreksonder om moeg te word;maar ek vind geen troos nie.

4. Ek dink aan God en ek sug,ek dink na en ek is verslae. Sela

5. U laat my wakker lê,ontsteld en sprakeloos.

6. Ek dink aan vroeër dae,aan jare lank gelede.

7. As ek so in die nag lê en terugdinken peins, vra ek my af:

8. “Sal die Here vir altyd verstooten nooit weer genade betoon nie?

Psalms 77