Psalms 75:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2. Ons loof U, o God, ons loof U;U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.

3. “As die tyd vir my optrede aanbreek,” sê God,“oordeel Ek regverdig.

4. As die aarde met al sy bewoners sou wankel,dan grondves Ek hom weer stewig. Sela

Psalms 75