Psalms 74:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hulle het vir hulleself gesê: “Ons sal alles vernietig.”En hulle het elke plek van samekoms in die land aan die brand gesteek.

9. U openbaar U nie meer aan ons nie,daar is geen profeet meer nie,niemand onder ons wat weet hoe lank dit nog gaan duur nie.

10. Hoe lank, o God, sal ons teëstanders ons nog verneder?Sal die vyand u Naam vir altyd bly belaster?

11. Waarom help U ons nie?Waarom lig U nie u hand op en vernietig die vyand nie?

12. God is van altyd af my koning,dit is Hy wat op die aarde redding bring.

13. Dit is U wat deur u mag die see onstuimig gemaak het,U wat die koppe van die monsters in die see vermorsel het.

14. U wat die koppe van die Leviatan verpletter heten hom vir die haaie gegee het,

15. U wat fontein en stroom laat uitbreek het,U wat standhoudende riviere laat opdroog het.

Psalms 74