Psalms 7:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. By U soek ek beskerming, Here my God.Help my, red my van almal wat my vervolg,

3. sodat hulle my nie verskeur soos 'n leeu sy prooi nie,my nie uitmekaar skeur sonder hoop op redding nie.

4. As ek iets verkeerds gedoen het, Here my God,as daar onreg aan my hande kleef,

5. as ek 'n vriend van my kwaad aangedoen het,as ek 'n teëstander van my sommer goedsmoeds kaalgestroop het,

6. mag die vyand my dan agtervolg en inhaal,my in die grond in trap,my tot in die stof in verneder. Sela

7. Kom tog, Here, in u toorn,tree op teen die verwoede aanslag van my teëstanders.Kom my te hulp,U wat bepaal het dat reg sal geskied.

8. Laat al die volke rondom U kom staan;neem hoog bo hulle u plek in op u regterstoel!

Psalms 7