Psalms 69:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Beledigings het my gebreek,ek is gedaan.Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs,op mense om my te troos,maar daar was nie een nie.

22. Toe ek honger was, het hulle my gif aangebied,toe ek dors was, wou hulle my asyn laat drink.

23. Laat hulle feeste hulle tot 'n val bringen hulle offermaaltye hulle ondergang wees.

24. Laat hulle stokblind word,laat hulle gebreklik word.

25. Laat u straf hulle trefen die vlam van u toorn hulle oorval.

26. Laat hulle blyplekke verwoes wordsodat daar niemand oor is in hulle wonings nie,

Psalms 69