Psalms 66:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Prys ons God, alle volke,laat sy lof weerklink!

9. Dit is Hy wat ons die lewe geeen nie toelaat dat ons struikel nie!

10. U het ons beproef, o God,ons gelouter soos silwer;

11. U het ons in 'n net gevang,'n swaar las op ons gelê;

12. U het ons deur mense laat vertrap,ons het deur vuur en water gegaan;maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.

13. Ek sal u huis betree met brandoffersen aan U die geloftes betaal

14. wat ek gedoen het, wat ek afgelê hettoe ek in nood was.

Psalms 66