1. Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm.Juig tot eer van God, almal op aarde!
2. Sing tot roem van sy Naam,gee Hom die eer wat Hom toekom!
3. Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk!U mag is groot, u vyande kruip voor U.
4. Alle mense moet voor U buig,hulle moet sing tot u eer,hulle moet sing tot eer van u Naam. Sela