Psalms 63:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. U troue liefde is meer werd as die lewe;daarom sal ek U prys.

5. Ek sal U my lewe lank loof,my hande ophef om u Naam te prys.

6. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,sal ek U altyd roem met jubelende mond.

7. As ek aan U dink op my bed,oor U peins in die nag, dan weet ek:

8. U is vir my 'n hulp,en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.

9. Ek bly altyd naby U,u hand ondersteun my.

10. Maar hierdie mense wat my ondergang soek,mag hulle wegsink in die dieptes van die aarde!

Psalms 63