Psalms 6:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg,maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer.

4. Ek is heeltemal gedaan.Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?

5. Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe.Help my, want U is getrou.

6. Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie.Kan iemand in die doderyk U prys?

7. Ek is uitgeput van verdriet,ek huil die hele nag deur,ek deurweek my bed met trane.

Psalms 6