Psalms 57:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Ek roep na God, die Allerhoogste,na God wat my sal help.

4. Hy sal uit die hemel antwoord en my red,Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor. SelaGod sal antwoord in sy liefde en trou.

5. Ek is hier tussen leeus,tussen mense wat my wil verskeur.Hulle tande is spiese en pyle,hulle tonge is skerp swaarde.

6. Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,u mag hoog bo die aarde.

7. Hulle het 'n strik vir my voete gespan,hulle wou my breek,hulle het 'n gat vir my gegrawe,maar self daarin geval. Sela

8. Ek voel weer veilig, o God!Ek voel weer veilig!Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing.

9. Ek wil vroeg opstaan,met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!

10. Onder die volke wil ek U loof, Here,onder die nasies u lof besing,

Psalms 57