Psalms 54:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. want vyande staan teen my op,geweldenaars soek my lewe,hulle hou geen rekening met God nie. Sela

6. Maar vir my help God altyd,die Here hou my lewe in stand.

7. Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom.U is getrou: vernietig hulle.

8. Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra,ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,

9. U het my uit elke benoudheid gereden my oor my vyande laat triomfeer.

Psalms 54