Psalms 51:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Laat my weer die blydskap ervaarvan iemand wat deur U verlos is,laat my U weer met toewyding dien.

15. Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag;dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.

16. Red my van ondergang, o God, my Redder,dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.

17. Here, gee my die woordeom u lof te verkondig.

18. 'n Offer vra U nie,anders sou ek dit bring;'n brandoffer wil U nie hê nie.

Psalms 51