Psalms 47:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2. Al julle volke, klap julle hande;juig tot eer van God met 'n jubelende stem,

3. want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe;Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:

4. Hy het volke aan ons onderwerpen nasies aan ons onderhorig gemaak;

5. Hy het ons besitting vir ons uitgekies,die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet. Sela

Psalms 47