1. Laat tog reg aan my geskied, o God,behartig tog my saak teen 'n godlose bende,red my van vals en misdadige mense.
2. Net U is my skuiling, my God;waarom verstoot U my dan?Waarom moet ek gebuk gaanonder die smaad van die vyand?
3. Stuur u lig en u waarheid dat dié my leien my bring na u heilige berg,na u woning!
4. Laat my ingaan na die altaar van God,die God oor wie ek wil jubel en juig,dat ek U kan loof met die lier,o God, my God!