Psalms 41:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. die Here sal hom beskerm en in die lewe hou;die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan.U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie.

4. Die Here sal hom bystaan in sy siekte.As hy siek is, sal U hom genees.

5. Ek het gesê: “Wees my genadig, Here!Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.”

6. My vyande wens my net die ergste toe:“Wanneer gaan hy dood en verdwyn sy naam?”

7. As iemand na my kom kyk, dink hy dis klaar met my.Hy kom kyk hoe sleg dit gaanen gaan vertel dit buite rond.

Psalms 41