Psalms 38:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie.

11. My hart jaag, my krag het ingegee,ek kan nie eers meer sien nie.

12. My siekte hou my familie en my vriende ver van my af,en my bure kom nie naby my nie.

13. Dié wat my lewe soek, stel vir my strikke,dié wat daarop uit is om my kwaad aan te doen,praat al klaar van my ondergang;die hele dag deur dink hulle vals beskuldigings teen my uit.

Psalms 38