1. 'n Psalm van Dawid. 'n Herinnering.
2. Moet my tog nie in u toorn bly straf nie, Here,en my langer in u gramskap tugtig nie.
3. U pyle het my getref,u hand lê swaar op my.
4. Deur u toorn is daar nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie,deur my sonde is daar nie meer 'n heel plek aan my lyf nie.
5. Ja, my ongeregtighede het my oorweldigsoos 'n las wat vir my te swaar is.