20. Die goddeloses sal te gronde gaan,die vyande van die Here sal tot niet gaan;soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan,so sal hulle verdwyn.
21. Die goddelose leen en betaal nie terug nie,die regverdige kry jammer en help.
22. Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.
23. Die Here bepaal die koers van die mensmet wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.
24. As so iemand val, bly hy nie lê nie,want die Here help hom op.
25. Ek was jonk en ek het oud geword,maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesienof dat sy nageslag brood soek nie.
26. Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente:met sy nageslag sal dit goed gaan.
27. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,dan sal jy die land altyd bewoon,
28. want die Here het die reg liefen sy troue dienaars verlaat Hy nie.Hulle sal altyd behoue bly,maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.
29. Die regverdiges sal die land besiten altyd daarin woon.
30. Wat die regverdige praat, is wysheid,wat hy sê, stem ooreen met die reg.
31. Die openbaring van sy God is in sy hart,sy koers is nie onseker nie.
32. Die goddelose lê die regverdige vooren soek 'n kans om hom dood te maak,
33. maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nieen laat nie toe dat hy veroordeel wordas hy voor die regbank staan nie.
34. Vertrou op die Here en bly op sy weë;Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit,en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
35. Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mensgeil opskiet soos 'n plant,