Psalms 37:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die Here lag vir die goddeloses,want Hy sien hulle dag kom.

14. Die goddeloses trek die swaard en span die boogom die hulpelose en die arme dood te maak,om dié wat die regte pad loop, te vermoor.

15. Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte trefen hulle boë sal stukkend gebreek word.

16. Die bietjie van die regverdigeis beter as die rykdom van talle goddeloses,

17. want die mag van die goddeloses sal verbreek word,maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.

18. Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.

19. In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.

20. Die goddeloses sal te gronde gaan,die vyande van die Here sal tot niet gaan;soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan,so sal hulle verdwyn.

21. Die goddelose leen en betaal nie terug nie,die regverdige kry jammer en help.

22. Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.

Psalms 37