Psalms 27:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Leer my u wil, Here,en lei my op 'n gelyk padsodat my vyande nie hulle sin kry nie.

12. Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie,want daar staan vals getuies teenoor myen hulle blaas geweld teen my aan.

13. As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!

14. Vertrou op die Here!Wees sterk en hou goeie moed!Ja, vertrou op die Here!

Psalms 27